Modulekode | WTW 165 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Module-inhoud | *Studente sal nie vir meer as een van die volgende modules krediet ontvang vir hul graad nie: WTW 134, WTW 165, WTW 114, WTW 158. WTW 165 gee oor die algemeen nie toelating tot Wiskunde op 200-vlak nie en is vir studente wat Wiskunde slegs op 100-vlak benodig. WTW 165 word slegs in die tweede semester en slegs in Engels aangebied vir studente wat in die eerste semester aansoek gedoen het vir die ongeveer 65 MBChB, of 5-6 BChD plekke wat in die tweede semester beskikbaar word en wat dus ook ingeskryf was vir MGW 112 in die eerste semester van die huidige jaar.Funksies, afgeleides, interpretasie van die afgeleide, differensiasiereëls, toepassings van differensiasie, integrasie, interpretasie van die bepaalde integraal, toepassings van integrasie. Matrikse, oplossings van stelselsvergelykings. Alle onderwerpe word in die konteks van toepassings behandel. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Ten minste 50% vir Wiskunde in die Graad 12- eksamen en MGW 112# of 08130005 |
Kontaktyd | 4 lesings per week, 1 tutoriaal per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Wiskunde en Toegepaste Wiskunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App